Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ambulansdiens swak

Ambulansdiens swak
 
2010-06-10


VERLEDE Maandag om 06:20 skakel ons die ambulans se noodnommer om ’n voorval te rapporteer waar ’n persoon ernstige brandwonde opgedoen het.
’n Halfuur later skakel ek weer die nommer om te verneem hoe ver die ambulans is. Hulle verseker my dat die ambulans op pad is.

Sowat 07:30, geen ambulans, ek skakel weer die noodnommer en niemand weet van ’n voorval wat aangemeld is nie.

Ek probeer ook die plaaslike nommer van die ambulansdiens wat egter slegs lui - geen antwoord. Uiteindelik om 08:18 ontvang ek ’n oproep van die ambulansbeheerkamer om te bevestig hulle soek na die ligging van die persoon.

Die persoon se klere was van sy lyf afgebrand en hy sit in die koue en wag vir nooddienste wat ná twee ure eers daar opdaag. Dit is mos nie aanvaarbaar nie.

Cobus Steenkamp

Die Metro-noodkantoor in Kaapstad beheer alle ambulanse, insluitend dié van die Paarl. Die nommer is 10177 of 021-937-0500. Die plaaslike ambulansdiens het hieroor geen beheer nie.

- Redakteur




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za