Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Strate in Wellington raak net al hoe vuiler

Strate in Wellington raak net al hoe vuiler
 
2010-06-10


EK kon altyd met trots vertel hoe skoon ons dorp is, maar deesdae laat sak ek my kop in skaamte. Dit lyk asof die munisipale skoonmakers nie meer naweke kan byhou met die mors­jorse nie.

’n Paar inwoners probeer regtig hul kant bring om die dorp skoon te hou met projekte wat hul loods. Ek weet ook dat sekere van ons inwoners ook bydra tot die gemors, want twee Sondae gelede reg agter die Spar in die parkeerarea staan ’n bakkie geparkeer en die manspersoon binne in die bakkie was besig om al die gemors en papiertjies uit sy motor te gooi, reg langs sy bakkie.

Ek stap toe nader en vra die man wie gaan nou hierdie papiere wat hy so uitgooi, optel? Die vullisdrom was reg oorkant sy motor.

Sy antwoord aan my was: “Die munisipale werkers natuurlik. Ek betaal mos my belasting.”

Hoe lank nog voordat ons mense opgevoed gaan word om nie rommel te strooi nie?

Elke persoon wat soos daardie man redeneer, dra by tot die ondergang van hierdie mooi land.

As elkeen net sy klein deeltjie doen, kan alles soveel beter lyk.

A van Rensburg




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za