Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jak de Priester op die planke

Jak de Priester op die planke
 
2010-06-10


DIE gewilde sanger Jak de Priester is op Dinsdag 15 Junie om 20:00 by die Breytenbach-sentrum se teaterkafee, Die Bôrdienghuis, met sy nuwe winterproduksie, genaamd “Brood”.

“Brood” is nie net die titel van Jak de Priester se musiekproduksie nie, maar sluit ook vrystelling van sy eerste musiek-, poësie- en storieboek in.

Lirieke van al sy liedjies, bladmusiek, stories, gedigte, animasie en fotografie vorm deel van dié koffietafelboek.

Die boek is baie goed deur die publiek ontvang sedert die vrystelling in Februarie vanjaar.

Aangesien die produksie ‘Brood’ uit ’n verskeidenheid van Jak de Priester se werke bestaan, verander die produksie soos wat hy nuwe materiaal byskryf.

De Priester is saam met kitaarspeler Danny Smoke en klawerbordspeler Lucas Heinen op die verhoog. Die publiek kan uitsien na ’n produksie propvol humor, deernis en energie wat eie is aan Jak de Priester. Die boek “Brood” sal ook tydens die vertoning te koop wees.

Kaartjies is R100 en kan bespreek word by Magdel Meyer by 072-115-2913 of by teater@breytenbachsentrum.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za