Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers hul klere kwyt

Kavaliers hul klere kwyt
 
2005-09-22


DIE Kavaliers het die naweek op Wellington van die rugbyveld af groot verloor.

Inbrekers het ’n venster gebreek en in ’n stoorkamer onder die hoofpaviljoen behoorlik onder die rugbyspelers se klere ingeklim.

Twaalf grys langbroeke met ‘Kavalier’ agter op die sak, wat spesiaal deur Sarvu vir Boland-rugby gemaak is, is gebuit.

Ook weggedra is twee swart drasakke met die Kavalier wapen en die nommers 33 en 34, twee oortrektruie en twee grys langmouhemde met met Boland-rugby se druiwetros-embleem.

’n Vorige inbraak was ook soos dié een Saterdag, ná ’n groot wedstryd. Die polisie vermoed dis wanneer diewe kans kry “om rond te kyk.”

Speur-insp Bally Cupido hoop dat die kenmerkende embleem op die Kavalier klere hom na die skuldiges sal lei. Skakel met inligting na die speurdiens, 873-1141.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za