) Salsa. Trek jou dansskoene aan vir die Breytenbach-sentrum se opwindende nuwe salsa-dansklasse elke Dinsdag en Donderdag op Wellington vanaf 18:00 tot 19:00. Toegang is R20. Bespreek by Olivia Ockhuis by 021-873-2786.
) Koor soek lede. Die Paarl-koor oefen Maandagaande by die Ou Meulteater onder leiding van die bekwame koorafrigter Johannes Shickerling. Belangstellendes is welkom. Die groep soek ook ’n klavier of elektroniese klawerbord. As jy reeds neurie, in die stort sing en behoefte het om deel te wees van hartlike en volronde klank, kontak Trudy by 082-896-9863.
) Opvoering. Hayashi-ha Karateklub bied ‘Kinders van die Ses’ op 18 Junie met ’n opvoering genaamd Housewives aan, in die Gemeenskapsaal teen R50 per kaartjie.
Skakel 021-872-5745 vir navrae.
) Diens. Die Lighuis Familiekerk beplan om meer gemeenskapgedrewe programme te hou en die eerste een sal hierdie Sondag 13 Junie wees.
’n Spesiale gemeenskaps-kerkdiens word gehou om die sokkergemeenskap te verenig.
Die diens sal ook inskakel by die fokus op die Wêreldbeker Sokkertoernooi en die verskillende deelnemende lande se vlae sal ook in ’n vlagseremonie uitgestal word. Jongmense wat aan verskillende plaaslike sokkerklubs behoort, sal ook kort getuienisse lewer en vertel van die impak wat sokker en sport in die algemeen, op hulle lewens maak as Christene en hoe hulle hulself kan uitleef.
Verskillende sprekers en ’n Jeugorkes sal ook optree en die La Treuo dansers van Parow, sal spesiale items lewer.
Die publiek word na die geleenthede genooi en gevra om sokker T-hemde te dra en hulle vuvuzelas saam te bring om kleur aan die geleentheid te gee.
Die byeenkoms sal by Charleston Hill Skoolsaal, Magnoliastraat, Klein Nederburg wees en die program begin om 17:00 en sal teen ongeveer 19:00 klaar wees. Koffie en sop sal gratis beskikbaar wees ná afloop van die verrigtinge.
Vir navrae, kontak 073-6565-995 of 021-872-0002 of stuur ’n e-pos na vernon @agathos.co.za.
) Blood. The Western Province Blood Transfusion Service will present a special blood drive on Friday 11 June between 09:00 and 14:00 at their office at 263 Main Street, Paarl. Lots of soccer promotional goodies like soccer balls, water bottles, pens, T-shirts, lanyards and soccer bags will be handed out to blood donors. For more information, contact 021-871-1030.
) Perform. The band Newton & Co will perform at Proviant on 26 June from 15:00 till 18:00. Contact Proviant on 021-863-0949 or visit www.proviant.co.za.
) Oud-werkers. ’n Reünie word beplan vir oud-werkers van Pontac Manor Hotel en Restaurant vir einde van hierdie jaar.
Almal wat tussen 2002-2010 gewerk het saam met Neil Kok, kan hom kontak by 072-248-3574 of epos/facebook neilkok@yahoo. com.