Werkswinkel oor ouerleiding en dissipline
2010-06-10
DIE AD/HD Ondersteuningsgroep in samewerking met Famsa Drakenstein, het ’n baie geslaagde werkswinkel vir ouers aangebied oor ouerleiding en dissipline. Die aandbyeenkoms by Laerskool Gimnasium se klubhuis is bygewoon deur sowat 30 ouerpare, onderwysers, sielkundiges en maatskaplike werkers. Anne Cawood, skrywer en kenner rondom ouer/kindverhoudinge het daarop gewys dat alle kinders van alle ouderdomsgroepe, grense (dissipline) nodig het en daardeur ’n positiewe selfbeeld, selfvertroue en verantwoordelikheidsin aanleer wat hulle na volwassenheid oordra. Haar model sluit nie lyfstraf in nie. Belangstellendes kan Famsa by 021-872-2700 skakel indien hulle meer inligting wil bekom oor ouerleidingsklinieke, waar hulle individuele berading en hulp kan ontvang, maar ook kan inskakel by ’n ouerleidingsgroep oor positiewe dissipline en ouerskap. Die ondersteuningsgroep se byeenkomste duur vir agt weke en sluit kostes in. Dit is spesifiek gemik op laerskoolleerders.
More
News
|