Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boer wen water-saak in Appèlhof

Boer wen water-saak in Appèlhof
 
2005-09-22


’n PAARLSE boer hoef nie ’n munisipale waterrekening van R1,7 miljoen te vereffen nie.

Billy Bourbon-Leftley is deur vyf regters van die Bloemfontein Appèlhof die astronomiese waterrekening kwytgeskeld.

Dit was ’n reeks administratiewe foute van die Stad Kaapstad wat daartoe gelei het dat die Bourbon-Leftley familietrust die rekening ontvang het, is bevind.

Stadsrade wat berekeningsfoute maak sal die verliese moet afskryf indien, soos in hierdie geval, die kliënt in goeder trou opgetree ht.

Dié uitspraak van appèlregters is as “betekenisvol vir miljoene inwoners” beskryf.

“Die familie is baie gelukkig met die uitslag,” het Billy Bourbon-Leftley ná die uitspraak gesê.

“Ons was deurentyd positief oor die bevinding van die Appèlhof.”

Hy sê: “Die munisipaliteit van Kaapstad het die eerste tien jaar nadat ons Môrelig gekoop het die waterrekening aan die vorige eienaar gestuur. Ons het dit nie ontvang nie.

“Ek is wel enkele maande ná die koop ingelig dat ons te veel water gebruik, maar ’n maand later is ek verwittig dat ons nou binne die perke bly.
Dit was van 1994 af.

“Die Kaapse munisipaliteit het in 1999 agtergekom dat daar ’n berekeningsfout met die meterlesings was, maar ons is nooit in kennis gestel dat ons te veel water gebruik nie.

“Eers in 2001 het hulle by ons opgedaag met die rekening. Dit het in die hof teen hulle getel.”

Die familietrust se vrugteplaas Môrelig in die Wemmershoekvallei, kry ’n jaarlikse kwota van die stad se watertoevoer uit die Wemmershoekdam.

In ruil vir die weerhouding van gebruik van water uit die Wemmershoekrivier, het die munisipaliteit onderneem om eienaars aan die rivier van water te voorsien, deels gratis en deels teen ’n vasgestelde tarief.

Die foute het ingesluip toe amptenare jare lank elke maand berekeningsfoute met meterlesings gemaak het. Die gevolg was ’n reuse-oorgebruik gedurende 1999 tot 2001.

Die Bourbon-Leftleys het eers die probleem ontdek toe hulle met die rekening van R1,7 miljoen (agterstallige gelde ingesluit) gekonfronteer is.

’n Argument van die Stad was dat die gratis waterkwota wat oorskry is, betaal sou word teen die munisipale tarief vir Kaapstadse drinkwater, plus rente vir die agterstallige.

Die Bourbon-Leftleys het geweier om die rekening te betaal, en die Kaapse munisipaliteit het hom ná onsuksesvolle dagvaardigings, na die Hooggeregshof gewend.

Die Hooggeregshof het die aansoek van die Stad verwerp, en die Munisipaliteit het teen die bevinding geappèlleer.

Die appèlaansoek is toe ook ter syde gestel, met die Bourbon-Leftleys se regskoste vir die rekening van die Stadsraad.

Bourbon-Leftley se regsverteenwoordigers is prok Uys van der Hoven en adv Roelof van der Riet.

* A Paarl farmer has won a dispute against the Cape Town City Council in the Appeal Court, over the payment of a water account of R1,7million.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za