Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geen tyd vir oud word nie!

Geen tyd vir oud word nie!
 
2010-06-17


DIE dienssentrum vir bejaardes by Huis Vergenoegd het in sy 27ste bestaansjaar nuwe energie wat gegenereer word in en deur die aktiewe deelname van lede. Vir oudword en kwale is daar nie meer tyd nie! Enige senior burger wat die jaargeld betaal, kan aansluit. Met die Arts & Crafts word nuwe handvaardighede aangeleer, die skildergroep gee uiting aan hul talente, van die kenners in hul midde leer hulle meer oor interessante onderwerpe by die Huis Vergenoegd Klub, die kunsteforum ontdek die wonderwęreld van die letterkunde, teater, en die skone kunste – vir elke smaak is daar ’n heerlikheid.

Met die twee dienssentrumbussies deurkruis en verken hulle tydens uitstappies die interessanthede van die Wes-Kaap – sodoende hou hulle die gees jonk! Oplaaipunte in Noorder- en Suider-Paarl sorg dat die uitstappies binne almal se bereik is (insluitend Groenleegte en De Oude Renbaan).

Lede kan elke middag van die week daar eet (R18 per ete, wegneemetes R20 met voorafbespreking) en Vrydae vier hulle fees met die markie en die eetgoed wat almal hierheen bring om te verkoop.

Ander dienste sluit in fiksheidsklasse, bloeddrukkliniek, haarsalon, voetekliniek, biblioteekdiens, DVD vertonings en die ondersteuning van ’n maatskaplike werker. Daar is ook interessante praatjies oor gesondheid en ander onderwerpe.

Op Donderdag 22 Julie is die Canal Walk Winkelsentrum aan die beurt vir inkopies of ’n lekker fliek en op 2 September is Tulbagh aan die beurt. Navrae by 021-870-3301.

Lydia Corbett




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za