EK verwys na die Paarl Post van 13 Mei waar die gemeenskap gewaarsku word dat hulle nie plaaslik moet skakel vir ’n ambulans nie, maar wel vir Tygerberg Hospitaal (021-937-0500).
Ons moet deesdae baie versigtig wees dat ons nie die reaksietyd moet vertraag deur nie op hoogte te wees van die verskeie noodnommers nie.
Ons moet nie in tye van nood ontnugter word dat ons nie die korrekte noodnommer byderhand het nie, maar liewer nou seker maak van die korrekte nommers. Dieselfde geld met die polisie - sou jy jou plaaslike polisiestasie skakel sal hulle jou versoek afneem en jou versoek om weer te skakel na die korrekte nommer: 10111.
Dit beteken dat u direk liewer hierdie nommer moet skakel in tyd van nood, maar nog beter, is om vas te stel in watter sektor u area ingedeel is en dan daardie patrollievoertuig se selnommer te kry.
Neville Botha