Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die pad na pa se hart is deur sy maag

Die pad na pa se hart is deur sy maag
 
2010-06-17


DIE mans in ons lewe is almal op een of ander manier ’n pa. En om hom werklik te bederf op Vadersdag is maar ’n moeilike taak.

Gewoonweg het hulle alles wat hul harte begeer, want hulle bederf hulself dwarsdeur die jaar. En dan, as daar iets is wat hulle wel wil hê, dan ruk dit die sak ’n bietjie te erg.

Maar daar is nie verniet ’n gesegde dat die pad na ’n man se hart deur sy maag is nie.

Ja, ons geliefde mans is behep met smaaklike verleidings en dus is dit seker die beste manier om hom te bederf op sy spesiale dag.

En aangesien Sondag warmer gaan word, is dit weer eens ’n perfekte geleentheid om te braai - dit is mos pa se gunsteling-tydverdryf.

Maar laat hom gerus rustig voor die sport-kassie sit en Wêreldbeker kyk, terwyl jy self iets aanmekaar slaan.

Berei dus Saterdag al Thai hoenderstokkiesvleis voor vir die braai.

Hiervoor benodig jy een kilogram vellose, ontbeende hoenderborsies wat in repe van een sentimeter dik gesny is.

Maak nou jou marinade deur die volgende saam te meng - ’n halwe koppie soya-sous, twee eetlepels suurlemoensap, twee fyngemaakte knoffelhuisies, een teelepel gerasperde vars gemmerwortel en ’n halwe teelepel opgekapte brandrissie (as hy van brandgoed hou).

Giet dit dan oor die hoender, meng goed deur en los oornag in die yskas.

Week agt bamboes sosatiestokkies in water vir ten minste ’n halfuur voordat jy hulle gaan gebruik.

Die dag van die braai, vleg so vier repe hoender op ’n stokkie en jy is dan reg om die sosaties vinnig te braai oor warm kole. Dit gaan nie langer as agt minute neem nie.

Maar net voordat jy braai, maak ’n doopsous deur drie eetlepels van die marinade te meng met twee eetlepels grondboontjiebotter en ’n halwe koppie klappermelk. Plaas ’n halwe fyngekapte ui hierby en kook als saam vir net so vyf minute.

Hierdie heerlike stokkiesvleise, gedoop in die grondboontjiesous, gaan Pa se hart sommer lekker bly maak.

En net voordat die ou man ’n bietjie gaan skuins lê vir die middag, gee hom ’n koeksister en ’n klapsoen op die wang. - Lise Beyers




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za