DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (CANSA) bied in samewerking met PathCare spesiale tariewe gedurende Junie en Julie vir PSA bloedtoetse om moontlike probleme in die prostaat vroegtydig op te spoor.
Hierdie toetse word teen R70 kontant aangebied. Mans kan tot 31 Julie bloed laat trek (sonder afspraak) by Paarl PathCare Lab (021-872-5158), in Wellington by Dr’s Portwig en Pienaar (021-873-1057) of in Franschhoek by drs Van der Merwe en Heywood (021-876-2304). Uitslae sal via CANSA aan alle kliënte terugbesorg word.
Skakel Barbara Williams by CANSA by 021-873-6358 vir navrae.