Een vas ná diefstal
2010-06-17
’n MAN is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n afleweringsvoertuig beroof het buite ’n gewilde Paarlse slaghuis. Die voorval het omstreeks 14:30 plaasgevind voor Goede Hoop Slaghuis in Suider-Paarl terwyl ’n vragmotor op die sypaadjie geparkeer het om ’n aflewering te doen. Een van die insittendes het in die slaghuis ingegaan terwyl ’n ander buite gewag het. Terwyl hy daar gestaan het, het twee mans ’n deur van die vragmotor met ’n skroewedraaier oopgedwing en was besig om pakkies geld te steel, toe hulle opgemerk is. Die mede-eienaar van Goede Hoop, Paul van Tonder, en die vragmotorbestuurder het gesien hoe twee mans te voet die pad vat in die rigting van die N1. Hulle het die twee agternagesit. Een van die voortvlugtiges het verdwyn, maar Van Tonder het daarin geslaag om die oorblywende verdagte vas te vat. In sy besit is ’n skroewedraaier gevind en ’n sakkie kontant is naby hom gevind. Nog ’n verdagte het vermoedelik ontsnap in die bende se motor, ’n wit VW Polo. Dennis Nzimandi (33) van Guguletu is in hegtenis geneem. Paarl Polisie volg tans inligting op wat moontlik tot die inhegtenisname van nog verdagtes sal lei. * A delivery vehicle was robbed outside a butchery in Paarl.
More
News
|