Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pa's kan kom kyk hoe enjins brul

Pa's kan kom kyk hoe enjins brul
 
2010-06-17


ALLE pa’s wat hou van vinnige motors, brullende enjins en klassieke motors kan eerskomende Sondag by die Franschhoek Motor Museum op die L’Ormarins wynlandgoed buite Franschhoek gaan inloer.

Die “Vadersdag”-verrigtinge duur van 10:00 tot 15:00.

Wayne, die kurator, sal gedurende die dag deur die sale beweeg, enjinkappe lig, die enjins aanskakel (en sommiges laat brul!) en ’n kort opsomming oor die motors gee.

Die tegnikus Deon sal demonstrasies lewer en Elton, een van die ander bestuurders, sal vir pa’s ritte gee in een of twee van hul “vintage” motors, indien die weer saamspeel.

Daar is geen spesifieke program nie, maar gesinne kan pa’s trakteer met heerlike eetgoed wat deur die deli voorberei sal word.

Alle pa’s se toegang is gratis (mits hulle begelei word deur familielede).




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za