Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bibberweer tref Drakensteinvallei

Bibberweer tref Drakensteinvallei
 
2010-06-17

Lise Beyers

BIBBERWEER het inwoners van Drakenstein behoorlik laat snak na hul asems die afgelope paar dae.

Swaar reën het neergesak, die kwik het tot ver onder 100C gedaal en sneeu het die omliggende berge in ’n sprokiesland omskep.

Vanaf Sondag tot Dinsdag het 73mm reën neergesak in die Paarl middedorp en 79mm by Wemmershoekdam. Bo-op die hange van die Drakensteinberge het die sneeu tot 20cm diep beleë.

Alhoewel die weer altyd onvoorspelbaar is, meen kenners dat die swaar sneeuneerslae vanjaar vroeg gekom het.

Boere is tevrede, maar verlig dat dit dié tyd van die jaar is dat gewerskaf in die wingerde baie stil is. Maar sitrusboere sukkel om hul vrugte uit die boorde te kry, weens die ontoeganklikheid wat die modder veroorsaak.

Tot dusver lyk hierdie reënseisoen baie belowend, met 284 mm water wat reeds geval het in Mei, in vergelyking met 182 mm verlede jaar vir dieselfde maand.

Tot dusver lê Junie se syfer op 123 mm, teenoor verlede jaar se algehele meting van 288 mm vir Junie.

’n Woordvoerder van die nooddienste het gesê dat daar geen voorvalle van ernstige verspoelings aangemeld was nie, maar die situasie is deurgaans gemonitor, en sandsakke word reggehou in geval van nood.

Die volgende paar dae bring wel verligting, met sonnige weer wat beloof om die wasgoed droog te maak. Maar snags sal dit ysig wees en Sondag is die reën weer terug.

* The valley was plunged into an icy spell over the past few days, with rain, snow and almost freezing temperatures.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za