Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lollos kom kuier by maatjies op aarde!

Lollos kom kuier by maatjies op aarde!
 
2010-06-17


LOLLOS, die vriendelike wesentjie van Lala-land, kom kuier weer by maatjies op aarde en dié keer gaan hy, Alta en Minki met vakansie! Lollos is op 2 Julie om 11:00 te sien by Val de Vie.

In die splinternuwe vertoning gaan die drie op ’n prettige treinrit met Gedang-Gedang. Gedurende die ‘vakansie’ kan ook uitgesien word na liedjies soos See Toe en FAK bekendes soos Koring Sny en Stadig oor die Klippertjies.

Daar word ook natuurlik weer ietsie geleer op Tikke Takke Tok, ’n liedjie oor ’n horlosie, asook die Dae van die Week. Gesond eet word ook aangemoedig op Smarties en Tamaties.

Gedurende al die liedjies word die bewegings weer aan die kinders geleer en so word almal sommer lekker fiks! Daar word omtrent rondgebons en gedans op Spring Op! en Shongololo.

Ná die vertoning sal die tweede Lollos CD, Bons dat dit Gons!, ook te koop wees asook die gewilde Lollos poppe, DVD en hempies. Vir meer inligting, besoek gerus www.lollos.co.za.

Kaartjies is R40 en kan bespreek word by 021-863-6120 voor 28 Junie.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za