Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aspoestertjie ontmoet haar prins

Aspoestertjie ontmoet haar prins
 
2010-06-17


DIE sprokiesverhaal Aspoestertjie, met Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman, vermaak die kleinspan op Vrydag 18 Junie om 10:00 by die Ou Meul-teater, Paarl.

Soos in die bekende sprokie word Aspoestertjie afgeknou deur haar nare stiefma en dié se twee aaklige dogters. Gelukkig is Faktotum Fourie egter weer op die toneel op te help dat Aspoestertjie by die bal uitkom om die prins se hart te verower en ook om te sorg dat hy weer vir haar opspoor as sy haar skoen vergeet.

Stiefma word ook uitsorteer, maar wat haar lot is, sal gehore maar moet kom kyk.

Aspoestertjie se aweregse verwerking deur Gaerin Hauptfleisch beloof om net soveel te vermaak soos Spektrum en Stercus Produksies se vorige toneelstukke Rooikappie en die Wolf, Raponsie, Jan en die Boontjierank en Sneeuwitjie en die Sewe Dwerge te verskaf. Kaartjies is R40 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za