Vakansiepret duur steeds voort
2010-06-17
Devidean Moses
VERSKEIE plaaslike organisasies en skole bied vakansieprogramme aan vir jeugdiges tydens die skoolvakansie. “Dis ’n wonderlike inisiatief om die kinders op ’n informele manier konstruktief besig te hou, sodat die kinders hulself kan geniet,” sê skoolhoof Claude de Jager van Amstelhof Primêr. Amstelhof sal weer hierdie week elke Dinsdag en Donderdag vanaf 10:00 tot 14:00 informele leeraktiwiteite aanbied. Diegene wat opdaag sal ook hul kospakkies ontvang. Skoolhoof Merwyn Julies van Paarlzicht Primêr is baie opgewonde oor die leerders wat lewensvaardighede kan aanleer by die skool. Paarlzicht Primêr bied op Dinsdae en Donderdae tot 6 Julie aktiwiteite aan stiptelik vanaf 09:00 tot 13:00. Klein Nederburg Sekondêr se winterskoolprogram vir matrieks word elke weeksdag aangebied vanaf 08:30 tot 13:00 tot 9 Julie. Biblioteke bied ook heelwat pret vir kinders aan. Drakenstein biblioteek in Paulusstraat bied vandag om 10:00 sokkerwedstryde vir dogters en seuns. Die Meulstraat biblioteek sal elke weeksdag vanaf 10:00 tot 11:30 die kinders besig hou (bring eie skêr). Groenheuwel Primêr bied drie dae per week, Dinsdae tot Donderdae maaltye aan hul leerders tussen 09:00 en 12:00. Butterfly House in Fairyland doen elke dag verskeie aktiwiteite met die leerders. Daar word ook elke dag vanaf 13:00 ’n sopkombuis vir die kinders aangebied. Die tienerprogramme sal van Maandae tot Donderdae vanaf 10:00 tot 13:00 duur (navrae by Fiona Brophy by 021-872-4060.
More
News
|