Sportdagboek
2010-06-17
WINDBUKSKOMPETISIE
Cape Air Rifle hou Saterdag 26 Junie ’n WP liga-skiet kompetisie. Almal wat belang stel en ’n windbuks besit, en wat wil begin met een van die lekkerste skietsporte is welkom om by te woon. Diegene wat nog nie ’n windbuks het nie, is welkom om te kom kyk waaroor veldteikenskiet gaan. Inskrywinggeld is R60 vir nie-lede. Inskiet begin reeds om 09:00 op die plaas van CJ Briers-Louw op die Eenzaamheidpad in Agter-Paarl (op pad Durbanville toe). WPFTA beoog ook om ’n klub in die Paarl te stig. Belangstellendes kan vir Gerhard Genade kontak by 076-372-3717.
NEW ORLEANS OUD-STUDENTE
Oud-studente van New Orleans Sekondêr hou ’n vergadering op 23 Junie om 18:30 by New Orleans skool oor die oudstudentedag en kleredrag.
KLEIN BOISHAAI GHOLFDAG
Klein Boishaai se negende jaarlikse gholfdag vind 3 September plaas by Paarl Gholfklub vanaf 11:30. Die formaat is ’n vier-bal en inskrywings wissel tussen R1600 en R2000 (afhangende of maatskappye advertensie-borde wil plaas) en sluit in ’n geskenkpak en ’n ligte ete waartydens wederhelftes ook welkom is teen ’n ekstra fooi van R100.
CRAVENWEEK
Die volgende provinsiale skolerugby-toernooie vind in die vakansie plaas: *Die o.18 Akademieweek vind van 20 tot 24 Junie in Vryheid (Natal) plaas. * Die o.18 Cravenweek-toernooi vind 27 Junie tot 3 Julie plaas in Welkom.
JUNIOR RUGBYKAMPE
Die Stellenbosch Rugby-akademie bied tydens die vakansie rugbykampe aan vir o.6 tot o.14-spelers en spanne te Stellenbosch, asook Durbanville (7 tot 9 Julie) en Worcester (16 tot 18 Junie). Kampe vind vanaf 09:00 tot 13:00 plaas en kos R350 (insluitend ’n hemp, pet, sertifikaat en medalje). Kontak die Akademie by 021-887-7432 of info@stellenboschrugbyakademie.co.za.
More
News
|