Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses United wil voorloper-status behou

Roses United wil voorloper-status behou
 
2010-06-17


ROSES UNITED, die huidige voorloper in die Boland Premierliga-kompetisie, pak eerskomende naweek die span van Saldanhabaai op die CPUT-velde in Wellington.

Black Leaves is tans net een punt agter die Rose op die Premierliga-punteleer en die tuisspan gaan dus hard moet probeer om sy voorloper-status te behou.

Die Rose, wat twee weke gelede puik spel gelewer het om Wesbank op laasgenoemde se tuisveld naelskraap met 17-16 te verslaan, sal Saterdag daardie wenmomentum teen Saldanha wil voortsit.

Saldanha sukkel tans, maar die Rose durf nie die vissermanne onderskat nie. Hulle aanvallende benadering tot die spel sal hoë eise stel aan die Rose se verdediging. Boonop beskik hulle oor ’n swaar agttal wat hul man goed staan in dié kompetisie.

Tans sukkel drie sleutelspelers van die Rose (Martin Nel, Haroldt Stewardt en Shane Jacobs) met ernstige beserings. Hulle sal nog vir die volgende vier weke buite aksie wees.

Die Rose beskik egter oor genoeg ammunisie om die besoekers voor- en agterlangs te troef.

Roses se agttal, onder leiding van die gesoute Ignatius Korabie, sal sommer vroeg reeds sy stempel moet afdruk. Elrich Erasmus (flank) en Bradley Fortuin (flank) sal saam met Korabie die besoekers voorlangs deeglik beproef met hulle vernietigende stormlope.

Agterlangs sal Brendan April (vleuel) weer die Rose se groot angel wees saam met Christopher Adams (heelagter). Percival Williams (skrumskakel), die Rose se groot held teen Wesbank, sal ook sy goeie spel van die afgelope tyd wil voortsit.

Die afskoptyd vir die hoofwedstryd is 16:00.

Hekke open om 12:30.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za