Een punt wéér Tiere se moses
2010-06-17
Jaco van Wyk
NET soos verlede naweek die geval was, toe Young Peoples Rugbyklub met een punt die onderspit gedelf het, het die Paarlse span die afgelope naweek wéér hul rieme met een punt styfgeloop. Die Tiere het Vrydagaand, op die Faurestraat-stadion, met 29-30 vasgeval teen Primrose, nadat hulle ’n week vantevore met 22-23 teen Tygerberg die knie moes buig. Peoples het egter mooi teruggeveg teen Primrose, nadat hulle rustyd met ’n 3-15 agterstand reeds ’n loesing in die gesig gestaar het. Vier drieë in die tweede helfte, deur Francois Manuel, Cheslin Malherbe, Dimitri Isaacs en Lorenzo Jacobs, het egter aan die huidige vloerlappe van die WP Super B-liga, ’n broodnodige bonuspunt verseker. Dominic Daniels het drie van sy span se vier drieë verdoel en ook ’n strafdoel behaal. ) Young Peoples het eerskomende naweek ’n loslootjie.
More
News
|