Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe ontwikkeling vir Paarl-Oos

Nuwe ontwikkeling vir Paarl-Oos
 
2010-06-17


PAARL-OOS kry ’n nuwe behuisingsontwikkeling wat soos ’n handskoen sal pas vir die middelinkomstegroep. Altesame 192 moderne twee- en drie slaapkamerhuise binne ’n kompleks word beplan.

Green Valley Estate, aan die suidekant van die Bo-Daljosafatpad, regoor Fairyland, gaan die gaping vul vir mense in die middelinkomstegroep (gesinne met ’n gesamentlike inkomste van tussen R3 051 en R15 000 per maand).

Huispryse begin by R369 900 en die duurste huise sal R479 900 kos, wat beteken dat nuwe eienaars, onderhewig aan kredietgradering en gevolglike rentekoerse, paaiemente kan betaal wat wissel van R3 693 (slegs vyf eenhede), R3 843 vir standaardeenhede en R4 940 vir die groot eenhede. Hierdie berekeninge is gebaseer op ’n rentekoers van prima plus 0,5%. Alle koste ingesluit.

Wat die kroon span, is dat dié ontwikkeling baie modern is met duursame afwerking en dat die hele kompleks omhein sal word.

“Wat hierdie ontwikkeling uniek maak, is dat die eenhede, wat wissel in grootte tussen 50 m² en 72 m², goed afgewerk sal word,” sê Tollie van der Westhuizen, projekbestuurder van Maranet Projects, ’n onderneming van George wat die ontwikkeling van die grond af gaan kry.

Van der Westhuizen het reeds 32 ontwikkelings op sy kerfstok.

“Daar word beplan dat die huise duursame afwerking sal hê soos granietoppervlaktes in die kombuis, kersiehout-afwerking op die kaste in die kombuis, aluminium vensterrame, duursame teëls en ligte, en volledige badkamers.

“Alle eenhede sal ook omhein word, die erwe sal grasoppervlaktes kry en daar sal 24-uur sekuriteit wees.

“Behalwe die tuine vir elke huis, gaan daar ook vier speelparke in die kompleks wees,” sê hy. “Grondwerk en die installering van dienste by dié ontwikkeling het hierdie week begin. Bouwerk sal in Januarie begin met voltooiing in Desember 2011.

Arthob Petersen, lid van die Drakenstien burgemeesterskomitee (behuisingsportefeulje), sê dit is verblydend om dat sulke ontwikkelings plaasvind.

“Die ontwikkeling hou ook ’n groot voordeel vir die omliggende gebied in. Die ontwikkelaars spandeer meer as R6 miljoen om dienste in te sit, wat op die ou einde beteken dat eksterne dienste in die omgewing opgeknap en verbeter word,” sê hy.

Eugene en Gary Raats, wat hul grond aan Maranet Projects verkoop het, sê dat toe hulle die grond in 2007 as landbougrond gekoop het, hulle die visie gehad het om iets spesiaal hier te ontwikkel wat iets vir die gemeenskap sal beteken.

“Onderhandeling is ook reeds aan die gang om die omliggende stukke grond te ontwikkel wat ‘n kommersiele komponent insluit. Dit sal die eerste kommersiele ontwikkeling in die area wees en wat uiters gerieflik wees vir die plaaslike inwoners wat lang afstande na die midde dorp kan vermy, sê Eugene.

Belangstellendes kan die bemarkers, Petrie (082-771-0932), Hein (082-450-8283) of Johene (083-640-5945), kontak om meer inligting oor die ontwikkeling te bekom. Dit is ook ’n goeie beleggingsgeleentheid.

Dié ontwikkeling sal ook baie goed werk vir die huurkoop opsie, Rent to Buy, wat deur ’n prokureur in die Kaap, Meyer de Waal, op die been gebring is. In dié transaksies beding die koper ’n huurkontrak met die verkoper met ’n uitdruklike opsie om later die eiendom teen ’n bepaalde prys te koop.

“Hiervolgens kom die twee partye ooreen dat die koper onderneem om die eiendom op ’n sekere datum teen ’n sekere prys te koop,” sê De Waal.

“Dit beteken dat die koper die goeie marktoestande kan benut deur nou al ’n gunstige prys vas te maak, en vir die verkoper is daar die voordeel dat hy nou reeds verseker is van ’n prys vir sy eiendom.

“Die koper neem egter nie nou oordrag van die eiendom nie. Dit bly vir eers die verkoper s’n, maar die koper neem wel die verantwoordelikheid vir die eiendom oor.

“Die koper betaal huur wat min of meer gelyk is aan die verkoper se verbandpaaiement. Hy of sy aanvaar ook verantwoordelikheid vir alle belasting, dienste en ander heffings wat kan geld. Vir die verkoper is die geldelike las van die eiendom vir eers van sy nek af.

“As die koper nie sy verpligtinge nakom nie, maak die produk voorsiening vir versekering vir drie maande se huurinkomste, en die regskoste om die wanbetaler uit die eiendom te kry.”

Die gedagte is dat die koper die opsietydperk van die kontrak gebruik om sy kredietwaardigheid aan die bank te bewys. Op dié manier kan hy uiteindelik ’n lening kry.

Hy kan die tyd nie net gebruik om vir ’n deposito te spaar nie, maar deur die huurgeld gereeld te betaal, bewys hy ook dat hy die eiendom kan bekostig. As dit blyk dat hy nie die eiendom kan bekostig nie, het die verkoper het steeds sy eiendom, wat hopelik teen dié tyd in waarde toegeneem het.

Vir navrae oor die Rent to Buy opsie skakel De Waal by 021-461-0065.




More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za