Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Trots op reserviste, polisie

Trots op reserviste, polisie
 
2010-06-24


NA ’n insident in die Hospice-winkel Wellington besef ek dat ons publiek trots kan wees op ons polisiereserviste.

Dus wil ek baie dankie sê aan reservis-adjudant JK Fortuin en speurkonstabel Hilary Smit wat toevallig op die toneel was, en van diens af was, toe hulle my te hulp gesnel het.

Hulle het eiehandig hulle lewens in gevaar gestel om ’n publieke arrestasie te maak.

Ek is baie dankbaar vir die manier waarop bogenoemde lede die hele insident hanteer het.

’n Kliënt het gesien ’n man stap uit met ’n jas. Hulle het hom agtervolg en gearresteer.

Wanneer u rustig slaap, dink aan die groep reserviste onder leiding van a/o Fortuin wat onder moeilike omstandighede, sonder betaling, in hulle vrye tyd hulle diens vrywilliglik aan die gemeenskap bied om misdaad te bekamp.

A/o Fortuin maan dat die publiek altyd waaksaam moet wees vir misdadige elemente en verdagtes veiligheidshalwe aan die polisie moet rapporteer.

Dit is persone soos u wat deur u bydrae sal help om ons land ’n beter, misdaadvrye land te maak.

Ons is trots en dankbaar en salueer u.

Dankbare Wellingtonner




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za