DIE Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl doen ’n nasionale opname oor hoeveel Taalmonumente daar in Suid-Afrika is en benodig jou hulp.
Ons is bewus van die monument op Burgersdorp, wat in 18 Januarie 1893 vir Hollands opgerig is en gedeeltelik verwoes is in die Anglo-Boereoorlog, waarna ’n replika gebou is. Vandag staan albei monumente langs mekaar op Burgersplein.
Daar was ook ’n Taalmonument op Welkom, wat gedeeltelik verwoes is in ’n opsetlike ontploffing op 3 Februarie 1993, maar ons weet nie of dit ooit herbou is nie.
Daar is ook ’n Taalmonument in Oos-Londen wat op 19 September 1975 tydens ’n plaaslike Taalfees onthul is. Dit dra die woorde van CF Visser: ‘O moedertaal, O soetste taal, Jou het ek lief bo alles’.”
Ons het ook verneem dat daar Taalmonumente op Lichtenburg en Trompsburg opgerig is, maar kon geen inligting daaroor opspoor nie. Ons beskik slegs oor ’n foto van die monument op Burgersdorp.
Enigeen wat oor inligting oor ander Taalmonumente in Suid-Afrika beskik, kan my kontak by 021-872-3441 of ’navorsing@ taalmuseum.co.za.
Annemarie van Zyl