Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lewendige vergadering oor rivierplan vir Wellington

Lewendige vergadering oor rivierplan vir Wellington
 
2010-06-24

Johan Nel

BYKANS veertig inwoners van Wellington het onlangs deelgeneem aan ’n lewendige vergadering wat gehou is oor die toekoms van die drie riviere wat deur die dorp vloei.

Die vergadering is bygewoon deur inwoners van die dorp, amptenare van die Drakenstein munisipaliteit, die nasionale departemente van Omgewingsake en Ontwikkeling, van Waterwese en ook van Aurecon, die konsultante wat deur Drakenstein Munisipaliteit aangewys is om ’n opname van die stand van die riviere in en om Wellington te maak.

Volgens Johann von Wielligh, stadsraadslid van wyk 2 in Wellington, het inwoners se frustrasievlakke oor die bestuur van die drie riviere het oor die afgelope twee, drie jaar skerp begin styg. Ondanks vloedskade en ernstige opslikking was amptenare traag om terugvoering aan inwoners te gee oor maatreëls om die probleme aan te spreek,” het Von Wielligh gesê.

“Die deursigtige wyse waarop die konsultante van Aurecon die probleme oopgemaak en aan almal die geleentheid gebied het om daaroor te praat, het die hoop laat opvlam dat die stadsraad en die inwoners van Wellington voortaan sáám drie potensiële probleem-riviere in bates vir ons dorp gaan omskep.”

Probleme wat op die vergadering opnuut deur inwoners onder die aandag van die owerhede gebring is, sluit in die feit dat daar in die loop van die Spruitrivier in die middedorp dwelms en drank verkoop word omdat die rivier op sekere plekke nie behoorlik afgekamp is nie.

Nog ’n probleem is die feit dat inwoners onseker is oor die bepaling dat oewerbewoners verantwoordelik is vir die koste om rivierlope op hul grond skoon te hou; dat oewers plek-plek wegspoel as gevolg van bouwerk langs die rivierlope; en dat opslikking van die rivierlope en omgevalle bome en struike die afvloei van water in die winter belemmer.

Die oewereienaars het gevra dat daar groter duidelikheid gegee moet word oor die bepaling dat oewereienaars finansieel verantwoordelik is vir oewerwerk op hul grond. ’n Woordvoerder van Aurecon het dit beklemtoon dat oewerbewoners hul menings oor befondsing vrylik teenoor die munisipaliteit moet lug.

Planne oor toekomstige befondsing nou uitgewerk en bespreek word.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za