Polisielede beseer in ongeluk
2010-06-24
DIE Klapmuts polisie vra die hulp van die publiek om ’n vragmotorbestuurder op te spoor, wat verantwoordelik was vir die ernstige besering van twee polisiebeamptes. Op 8 Junie om 23:00, was konstabels Bernadine Hendriks en Willem Fransman besig om patrollie te ry op die N1. ’n Vragmotor het skielik van agter teen hulle patrolliemotor gebots. Hendriks het hierna beheer oor die voertuig verloor en dit het gerol. Beide Hendriks en Fransman het rug- en nekbeserings opgedoen en is in die Paarl MediClinic opgeneem. Die bestuurder het versuim om op die toneel stil te hou. Die polisiebeamptes herstel steeds van hul beserings. Enigiemand wat inligting kan verskaf, kan konstabel Edgar Julies skakel by 021-875-8008.
More
News
|