Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man voor huis doodgeslaan

Man voor huis doodgeslaan
 
2010-06-24


’n JONG vrou het Sondagoggend op die lewelose liggaam van haar pa afgekom nadat hy vermoedelik die vorige aan ernstig aangerand is.

Jacqueline Toerien het dié grusame ontdekking gemaak nadat sy agtergekom het dat haar pa, Daniel Coetzee (56), nie die nag in sy bed geslaap het nie.

Sy liggaam is gevind enkele treë binne die hek van hulle erf in Daphnestraat 14a, Chicago.

’n Emosionele Toerien het gesê dat hulle haar pa Saterdagmiddag laas lewend gesien het.

“Ons weet glad nie waarheen hy die aand gegaan het nie.”

Coetzee het aan inwendige beserings gesterf.

Tans het die polisie weinig leidrade om op te volg, en versoek die publiek om hulle te kontak met enige inligting wat verband kan hou met die moord.

A/o Roger Dyason kan gekontak word by 021-877-5913 met enige inligting.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za