Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man sit lewenslank ná kind se moord

Man sit lewenslank ná kind se moord
 
2010-06-24

Lise Beyers

DIE hofsaak waarin ’n jong man van Wellington aangekla is van verkragting en moord het verlede week tot ’n bittersoet einde gekom.

Basil Anthony Willemse (21) is in 2008 in hegtenis geneem ná die grusame verkragting en moord van ’n vierjarige dogtertjie, Abranicia Pass, op die plaas Kromrivier in die Bovlei.

Die lewelose liggaam van die dogtertjie is versteek gevind tussen riete in ’n plaasdam, enkele meters vanaf haar ouerhuis, nadat sy die vorige aand reeds verdwyn het.

Sy is verkrag voordat sy met ’n stomp voorwerp doodgeslaan is.

Willemse was bevriend met Pass se familie en het selfs gehelp met die soektog na die kind.

Tydens hofverrigtinge het dit aan die lig gekom dat Willemse in 2007 aangekla is van die verkragting van ’n 14-jarige meisie op dieselfde plaas.

Hy was egter gou weer op vrye voet, weens onvoldoende bewyse.

Ná sy inhegtenisname in verband met die moord en verkragting van Ab­ri­nicia, is die vorige saak weer heropen vir ondersoek.

Willemse is verlede Dinsdag in die Kaapse Hooggeregshof skuldig bevind aan moord en verkragting en tot ’n dubbele lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir Abrinicia se dood.

* A man received a double life sentence last week for the rape and murder of a four-year-old girl on a farm in Bovlei, Wellington.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za