Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skade aan bergpas steeds nie herstel nie

Skade aan bergpas steeds nie herstel nie
 
2010-06-24

Lise Beyers

’n JAAR nadat winterreëns ’n gedeelte van die padoppervlak in Bainskloofpas verspoel het, is die skade steeds nie herstel nie.

En om dinge te vererger, is die pad verlede week vir twee dae gesluit uit vrees dat die swaar verkeer onderweg om sneeu te kyk, verdere skade aan die pad sou veroorsaak. Talle motoriste moes by die voet van die pas omdraai en ompad ry na hul bestemmings.

Verlede jaar is sementblokke aangebring om verkeer op ’n veilige afstand te hou van die rand van die pad wat verspoel het, asook waarskuwingsligte.

Maar hierdie ligte word keer-op-keer gesteel of beskadig.

Inwoners van Wellington is stomgeslaan dat die owerhede hierdie pragtige geskiedkundige pas laat agteruit gaan weens ’n gebrek aan instandhouding, veral noudat die gebied oorval word deur toeriste.

Bo en behalwe hierdie stuk pad wat weens erosie beskadig is, misbruik groot vragmotors steeds die pas as kortpad vanaf Ceres en Wolseley, ten spyte van talle waarskuwingstekens dat hulle nie dié bergpas mag gebruik nie.

Behalwe die skade wat hierdie voertuie aan die verbrokkelende padoppervlakte aanrig, is hulle daarvoor verantwoordelik dat die groot kliprandstene wat deur die oorspronklike bouers tussen die pad en die afgrond geplaas is, afgestamp word.

Volgens die provinsiale paaie-afdeling, wat verantwoordelik is vir die instandhouding van Bainskloof-pas, is daar wel begroot om die pad te herstel sodra die reën-seisoen eindig.

* Damage which was caused to Bain’s Kloof Pass during winter last year, has still not been repaired.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za