Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington se Twist Niet te koop

Wellington se Twist Niet te koop
 
2010-06-24


EEN van Wellington se oudste eiendomme het op die mark gekom. Twist Niet is in Burgstraat in die hart van dié dorp geleë.

Pam Golding Eiendomme beskik oor die eksklusiewe mandaat om Twist Niet te bemark – ’n deel van een van die dorp se oorspronklike plase, wat na die vroeë 1800’s dateer.

Die oorspronklike herehuis met vier slaapkamers staan steeds op die 4400vkm eiendom, wat op die mark is teen R8 miljoen.

Die Wellington-vallei is deur die Franse Hugenote boere in die laat 17de eeu bewoon en is oorspronklik “Limietvallei” genoem, en later het dit as “Val du Charron” (Wamakersvallei) bekend gestaan – maar is as Wellington gedoop in 1900 deur die Britse goewerneur, om die Hertog van Wellington se oorwinning oor Napoleon te Waterloo te gedenk.

Een van die vallei se oorspronklike plase is Champagne gedoop, ’n 25ha plaas aan die wal van die Spruitrivier.

Die plaas is in 1699 deur Kaapse goewerneur Simon van der Stel, aan die Huguenoot Herculé Verdeaux uitgegee, en het bekendheid verwerf vir sy pragtige boorde en wingerde.

In 1768 is dit deur Daniel Retief gekoop, oom van die beroemde Groot Trek-leier, Piet Retief.

Die grond is in twee verdeel in 1801, en een deel is toe gekoop deur Gabriel Hermanus le Roux, en het later as Twist Niet bekend gestaan.

Dit was Le Roux wat moontlik die T-vorm Kaaps-Hollandse woonhuis in ongeveer 1811 gebou het, wat vandag nog staan.

’n Kerk is op die ander deel van die oorspronklike plaas in die 1830’s gebou, en die Wellington-dorp het hierom gegroei.

Vandag beskik die dorp oor ’n bevolking van ongeveer 50 000 mense, en is bekend vir sy wyn, brandewyn, olywe, bessies en sitrusvrugte, asook van die land se beste gedroogte vrugte.

Die opstal op Twist Niet is in 1967 as nasionale monument verklaar. Dis op ’n stadium, moontlik in die laat 1800’s, in die Victoriaanse styl omskep met die oorspronklike rietdak wat met ’n sinkdak vervang is, en die oorspronklike vensters is met skuiframe vervang. Nieteenstaande, het baie van die oorspronklike Kaaps-Hollandse kenmerke oorgebly, insluitende die dik mure, gewels met die datum 1811, die oorspronklike voordeur en kaggels, asook baie van die plafonne.

PGE se gebiedsbestuurder vir Wellington, Surina du Toit, sê dat die eiendom die ideale koop is vir iemand wat daarvan hou om ou wonings te restoureer.

“Daar is groot potensiaal vir hierdie eiendom om na sy eertydse glorie herstel te word. En dit kan ’n pragtige plek wees vir ’n outentieke Kaaps-Hollandse gastehuis, ’n restaurant, of miskien ‘n unieke korporatiewe hoofkwartier. Alternatiewelik kan dit ook ’n wonderlike gesinswoning uitmaak,” sê sy.




More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za