Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Huise beplan op wynplaas

Huise beplan op wynplaas
 
2010-06-24


DIE eienaars van die Rhebokskloof wynlandgoed by Slot van die Paarl beoog ’n residensiële ontwikkeling op dié plaas, met altesame 78 wooneenhede.

Die beoogde ontwikkeling sal ’n 65-kamer hotel en huweliks- en onthaalsentrum insluit, met 22 selfsorg-eenhede vir gaste.

Verder sal daar 48 losstaande wooneenhede, asook agt groepsbehuisingseenhede wees.

Regs van die ingang, waar die huidige perdesentrum gehuisves word, en waar twee agttiende-eeuse huise nog staan, sal verander word in Pionierswerf, ’n opvoedkundige omgewingsentrum met kultuur-historiese uitstalruimte, teetuin en galery.

Die perderysentrum, met stalle en arena, sal aan die linkerkant van die pad skuins oorkant Pionierswerf ingerig word.

Die hotel en spa en die 48 “weggesteekte” wooneenhede sal aan die bergkant van die landgoed agter die huidige kelder opgerig word.

Die publiek het tot 19 Julie kans om kommentaar te lewer op dié voorstel. Die omgewingsimpakstudie is by die Meulstraat biblioteek beskikbaar.

Vir navrae, kontak Pieter Badenhorst Professionele Dienste by 082-776-3422 of pbps@iafrica.com.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za