Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Huis Cummings - uiteindelik is daar hoop

Huis Cummings - uiteindelik is daar hoop
 
2010-06-24

Christine Siebrits

DIE Aksie-komitee wat gestig is om geraas te maak oor die gebrek aan restourasie by Huis Cummings, het binne ’n week daarin geslaag om die betrokke partye uit hul toestand van hibernasie wakker te maak.

Alhoewel daar reeds in 2008 planne opgetrek is om die gebou te restoureer, het daar vir die afgelope meer as twee jaar niks daarvan gekom nie.

Blykbaar is die geld wat deur die versekeraars uitbetaal is vir die restourasie, gedeeltelik elders gebruik (onder meer om noodbehuising vir die studente wat dakloos gelaat is deur die brand, op te rig).

Dit was eers toe die Aksie-komitee die hulp van Erfenis Wes-Kaap ingeroep het, dat die betrokke partye (Hugenote Kollege en die NG Kerk Sinode) vinnig plan gemaak het. Hulle het ’n lening bekom en werk sal binnekort aan die dak begin word, om verdere agteruitgang van die gebou te verhoed.

Argiteksplanne is reeds ingedien en werk sal begin sodra die planne goedgekeur is.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za