Gimnaste presteer
2010-06-24
Wynland Gimnastiekklub het uitsonderlik presteer deur 17 apparaat-medaljes in te palm en met ses kampioene uit die stryd te tree in die Suidsone Gimnastiekkampioenskappe vir Vlak 1-3 gimnaste. Voor van links is Greta Malan (algeheel 3de), Mienke Viljoen (algeheel 2de), en Danelle Venter (algeheel 2de). Middel is Amber Geldenhuys (algeheel 2de), Zani van Zyl (goud op brug) en Kelly van Tonder (silwer op vloer). Agter is Zandri van Zyl (brons op brug), Nisha Marais (algeheel 3de), Sarah Sinclair (brons op sprong) en Jasmine Howie (algeheel 1ste).
More
News
|