Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verslaan versoekings

Verslaan versoekings
 
2010-06-24


DIE Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) bied Maandag 28 Junie om 19:30 ’n praatjie aan, “Verslaan versoekings”, by die ACVV kantoor in Gimnasiumstraat (skuins oorkant die Toringkerk).

Die bespreking word gebaseer op die boek “Doelgerigte Lewe” van Rick Warren.

Alle mense met verslawingsprobleme of hul vriende/familie is welkom om te kom luister hoe moet ’n mens maak met die versoekings. Die diens is gratis.

Die CAD is ’n diensaksie sonder winsoogmerk wat mense met ’n verslawingsprobleem (alkohol, pille, dwelms) help.

Die CAD bestaan uit ondersteuningsgroepe wat in samewerking met alle Christelike kerke ’n barmhartigheidsdiens lewer aan persone wat ’n afhanklikheidsprobleem het of gehad het, asook vir hul gesinne.

Vir navrae, skakel Christo Jacobs (voorsitter) by 082-256-5006 of by 021-863-2076.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za