Violets ryg drieë in teen Pêrel United
2010-06-24
DIE Violets Rugbyklub het verlede naweek ’n pragoorwinning oor Pêrel United behaal deur hulle met 48-9 te klop. Vir die span van Violets, wat sy eerste oorwinning vir die seisoen gesmaak het, het die span Saterdag as ’n eenheid die ding gedoen. Hier het veral die voorspelers beïndruk met hulle kragtige dryfmaalbewegings met die veteraan Makkie Heyns aan die voorpunt. Heelagter Jean Isaks het weer eens bewys hoekom hy so ’n goeie bate is vir klub, deur twee drieë te druk. Isaks slaag ook met vyf doelskoppe en ’n strafdoel terwyl Ady Berg drie drieë gaan druk het. Stuart Cornelissen asook Wayne Davids het ook een elk gaan druk. Violets se tweedes het met 40-0 gewen en die derde span met 14-12. Eerskomende Vrydag bied Violets ’n funksie by die voorsitter se woning te Tanner-straat 15 aan. Vir meer besonderhede, skakel met Ashley Raubenheimer by 072-561-3112. Dié klub verteenwoordig ook hierdie naweek die Paarl-streek teen Langa op die Daljosafat-stadion (wedstryde begin 13:30).
More
News
|