Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses vang vis met Saldanha

Roses vang vis met Saldanha
 
2010-06-24


ROSES United het verlede Saterdag die span van Saldanha oortuigend met 32-15 verslaan op die CPUT-veld in Wellington.

Met die oorwinning het die Rose verseker dat hy sy posisie bo-aan die Boland-Premierliga punteleer behou met 39 punte ná 9 wedstryde. Wesbank lę tweede met 34 punte ná 10 wedstryde.

Die telling vlei ietwat, aangesien die Rose talle kanse vir drieë verbrou het met swak afronding.

Maar die Rose se agttal het sommer vroeg in die wedstryd hul stempel afgedruk met uitstekende skrumwerk.

Ignatius Korabie, die Rose se kaptein en agsteman, het van voor gelei met puik spel. Die slot, Gerhard Goosen, het ook weer beďndruk met sy goeie spel.

Die Rose se voorry, bestaande uit Neels Ackermann (vaskopstut), Allan Johnson (haker) en Mo Schroeder (loskopstut) verdien ook lof vir hulle puik skrumwerk.

Agterlangs het Donovan Arendse (binnesenter) en Ryan Jordaan (losskakel) goeie spel vir die Rose opgedis. Beide spelers het talle kere die teenstanders laat bontstaan met skitterende breekslae.

Soos alreeds aangetoon, is dit net swak afronding wat verhoed het dat die Rose nie meer drieë kon druk nie.

Die Rose se driedrukkers was Brendan April (2), Christopher Adams, Donovan Arendse en Ryan Jordaan. Laasgenoende twee spelers het ook geslaag met twee doelskoppogings. Percival Williams was suksesvol met een strafskop.

Roses pak eerskomende Saterdag die span van Ceres. Hierdie wedstryd word ook op die CPUT-veld in Wellington beslis. Hekke open om 12:30.

Die Rose se spelers moet daarop let dat oefeninge voortaan elke Dinsdag en Woensdag op die Pelikaanpark-sportvelde sal plaasvind. Donderdae geskied die oefeninge op die CPUT-veld.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za