DIE klassieke sprokie Rooikappie en die Wolf, is tot ’n vermaaklike toneelstuk verwerk deur Gaerin Hauptfleisch, wat ook die regie behartig en selfs een of twee verrassende verskynings op die verhoog maak.
Die kleinspan kan dié produksie Dinsdag 29 Junie om 10:00 by die Ou Meul-teater sien. Soos in die die sprokie dwaal Rooikappie van die pad af as sy medisyne vir haar siek ouma neem en verdwaal in die bos.
Hier kom sy nare Dolf die woeste wolf teë, wat blitsvinnig ’n plan smee om haar en haar siek ouma as smaaklike happie te geniet, dalk met ’n sopie plantwortel-jenewer, want hy hou daarvan so.
Gehore sal dan maar net moet sien of die houtkapper en van die ander bosbewoners wat Rooikappie teëkom haar en haar Ouma kan red van Dolf die wolf se onderduimse planne. Kaartjies is R40 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056.