STEYN FOURIE en Neil Rademan is twee van die bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars wat gedurende die week van 5 tot 9 Julie aan ’n splinternuwe Wellingtonse fees van musiek en toneelopvoerings gaan deelneem.
Volgens Jacques du Plessis, eienaar van die Wellingtonse restaurant To Dine For, wil hulle die nuwe fees ’n jaarlikse instelling op die dorp maak. Daar sal vyf dae lank vanaf soggens vroeg tot laataand musiek gemaak word.
’n Bekende kinderteaterstuk, Oom Karoolus en Lente, word soggens om 11:00 aangebied en die Bredieteater, wat bestaan uit sang en musiek deur kunstenaars soos Steyn Fourie en Neil Rademan, is saans om 19:00.
Slegs 50 mense sal elkeen van die verskillende vertonings elke dag kan bywoon.
Die fees begin elke oggend om 08:00 met ’n ontbyt en gospelteater.
Vir meer besonderhede, skakel 021-873-0447.