Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hengelaars kook in plaaslike kompetisie

Hengelaars kook in plaaslike kompetisie
 
2010-07-01


DIE vyfde klubkompetisie van die Paarl Varswater Hengelklub het Saterdag 19 Junie by die Paarl-dam plaasgevind. Goeie vangste is oor die algemeen gemaak met heelwat groot visse wat gevang is.

Daar is 164 visse vir die dag gevang met ’n totale gewig van 207kg. Sydney Diedericks was die top hengelaar met 28 visse.

Paul Greyling jnr was die tweede beste met 25 visse en sy pa, Paul snr, was derde met 18 visse. Magriet van Eck was weer die beste dameshengelaar met vyf visse en Magda Otto was tweede.

Op die algehele puntelys, ná vyf kompetisies, is Sydney Diedericks steeds die voorloper met Paul Greyling jnr en Phillip Theron tweede en derde onderskeidelik.

Onder die dames is Magriet van Eck voor, met Magda Otto tweede en Zandrea van Deventer derde. Emile Saayman is die voorloper in die junior afdeling.

Die jaarlikse kompetisie tussen die Paarl en die Weermagklub te Voorberg is soos die vorige jaar weer deur die Paarl Hengelklub gewen.

Die volgende klubkompetisie vind Saterdag 17 Julie plaas by die Paarl-dam. Met die dam wat besig is om nou vinnig vol te loop, gaan dit beslis ’n groter uitdaging aan die hengelaars stel.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za