Pniel en Bellville speel gelykop
2010-07-01
IN ’n baie opwindende wedstryd tussen Pniel Villagers en Bellville Rugbyklub, het dié twee spanne, wat meeding in die WP Superliga B-kompetisie, met 38 elk die louere gedeel. Nie minder nie as elf drieë is tydens dié wedstryd gedruk, waarvan die tuisspan, Pniel, vyf gedruk het. Beide spanne het dus ’n bonuspunt aan drieë behaal. Pniel was rustyd met 24-18 voor, maar kon nie al die gate toestop in die laaste tien minute van die wedstryd nie en Bellville kon uiteindelik ’n agterstand van 38-23 uitwis om ’n gelykop-uitslag af te dwing. Pniel se drieë is gedruk deur Eugene Francis, Charlston Williams, Gavin Petersen en Enrico du Preez twee. Stefanus Cedras het al vyf drieë verdoel en het ook met ’n strafdoel geslaag.
More
News
|