Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Liga-wedloop steeds wawyd oop

Liga-wedloop steeds wawyd oop
 
2010-07-01

Jaco van Wyk

DIE wedloop tot liga-glorie is weer wawyd oop nadat twee van die streek se grootste kanonne, Vineyards en Riverstones, die afgelope naweek hard aarde toe gebring is met skoknederlae.

Vineyards se eenpunt-nederlaag (33-34) teen die onvoorspelbare Windmeul United, op laasgenoemde se tuisveld in Agter-Paarl, was sweerlik die grootste opskudding van die naweek.

Volgens WP Klubrugby se webtuiste (www.wpclubrugby.co.za) is Vineyards steeds die liga-voorlopers (49 punte na 13 wedstryde, 9 seges, 2 nederlae en 2 gelykop), terwyl Windmeul agtste op die punteleer lê (18 punte na 8 wedstryde, 3 seges en 5 nederlae).

Vineyards se tweede en derde spanne het egter soet by die suur gevoeg met seges van 24-10 en 20-3 oor hul eweknieë van Windmeul.

* Die span wat tans in Vineyards se nek blaas, Riverstones, se 11-19 nederlaag teen die sesde gekeurde Albions was net so ’n groot skok.

Ná tien wedstryde (32 punte, 6 gewen, 2 verloor en 2 gelykop) was Riverstones besig om stilletjies die nommer-een posisie te bekruip, voor Albions (8 wedstryde, 26 punte, 6 gewen en 2 verloor) die naweek hul planne ietwat bederf het.

Riverstones se tweede span het 19-12 gewen teen Albions II en Albions se derde span het vir Riverstones III 20-15 geklop.

* Intussen het Young Standards (derde op die punteleer met 32 punte ná 10 wedstryde, 6 seges en 4 nederlae) hul goeie peil van die afgelope paar weke voortgesit, met ’n 38-8 oorwinning oor Pêrel United (11de op die punteleer).

Standards se tweede span het met 26-17 ook die pyp gerook, terwyl Standards se derde span 7-12 vasgeval het teen Pêrel United III.

* Die vierde geplaaste Young Gardens het vir Allandale (10de) met 20-0 geklop, terwyl Gardens II en III onderskeidelik met 37-0 en 8-7 gewen het.

Allandale hou op 10 Julie ’n dans te Drakenstein gevangenis. Whani van Stofpad sal die musiek verskaf (kontak 021-864-8195).

* Violets het Saterdag met Langa afgereken (12-7) in ’n voorwedstryd vir die Paarl Streekspan op die Daljosafat-stadion.

Violets se voorspelers het stewig vertoon, met die slotte Mokkie en Eduardo de Jager aan die voorpunt. Die agterlyn het sodoende goeie besit gekry, met Bunce Swarts (losskakel, 1 drie en een doelskop) wat die bal goed kon wegstuur. Violets se ander driedrukker was Jeremy Klaasen.

WEDSTRYDBEPALINGS (03 Julie): Albions vs Pêrel United (Dal B); Riverstones vs Simondium (Dal A); Standards vs Vineyards (Dal C); Laer Paarl vs Allandale (Drakenstein); Windmeul vs Violets (Windmeul). Gardens het ’n loslootjie.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za