Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Krag van Cravenweek lê in Boland en WP

Krag van Cravenweek lê in Boland en WP
 
2010-07-01

Jaco van Wyk

AS dit kom by die kweek van Suid-Afrika se beste jong rugby-talent, is die grond in die Wes-Kaap duidelik van die vrugbaarste in die land.

Met ’n rits junior rugbytoernooie pas agter die rug, en die grootste een van die lot - die o.18 Cravenweek-rugbytoernooi - tans in volle gang, was dit tot dusver die Boland en die Westelike Provinsie wat hul stemme die dikste gemaak het.

Die o.18 Cravenweek het Maandag in Welkom afgeskop, met beide Boland en WP wat spogseges behaal het.

Eers het Boland se o.18’s vir Limpopo met 41-11 kafgedraf, met spelers soos Lee-Roy Bitterhout van Klein Nederburg Sekondêr (2 drieë) en Robin Andrews van New Orleans Sekondêr (1 drie) onder die Kavaliers se groot uitblinkers.

Boland het gister met die Griffons kragte gemeet.

WP, wat self met ’n aantal Paarliete in sy geledere spog, onder andere sy kaptein Stephan Coetzee (Hoër Jongenskool), was Maandag met 20-3 heeltemal te sterk vir die Leeus.

Gavin Hauptfleisch, ook van HJS, het 10 van WP se punte met sy skopskoen behaal.

WP het gister teen die Oostelike Provinsie te staan gekom.

* Die o.18 Akademie-week het verlede week plaasgevind, met beide Boland en WP se spanne wat dié toernooi onoorwonne afgesluit het.

Dié spanne se onoorwonne status sluit egter ’n gelykop-uitslag in, aangesien hulle op die finale dag teen mekaar te staan gekom het en met 25-elk die louere moes deel.

Op Dag 1 van die toernooi het Boland vir Namibië met 41-25 geslag terwyl WP vir Vrystaat 23-14 geklop het.

Op Dag 2 het Boland 24-15 teen die Pumas geseëvier en WP het die Leeus met 18-15 geklop.

* Die Grant Khomo-week vir o.16 spelers het ook onlangs plaasgevind, waartydens Boland en WP se spanne weer eens nie ’n enkele wedstryd verloor het nie.

Boland het oorwinnings behaal oor die Valke (25-0), die Pumas (27-10) en OP (15-5), terwyl WP afgereken het met die Leeus (28-7), SWD (28-10) en die Blou Bulle (33-14).

* Tydens die o.13-Cravenweek-toernooi was WP weer eens nie een keer aan die verloorkant nie. Die Streeptruie het seges behaal teen Limpopo (37-3), Vrystaat (12-8), die Luiperds (22-6) en die Blou Bulle (17-5).

Boland se o.13’s het egter ’n minder suksesvolle toernooi beleef, met drie nederlae en ’n gelykop uitslag.

Boland het gespeel teen die Pumas (7-10), die Valke (0-0), Kwazulu-Natal (5-17) en Vrystaat (5-15).


More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za