Karin K maak hart oop
2010-07-01
DIE bekende verhoogkunstenaar Karin K het haar hart oopgemaak vir die gemeenskap deur ’n gratis vertoning te lewer by Voor-Groenberg Primêre Skool.
Haar CD “Jy’t gesê” is bekend aan die jong leerders, maar om haar in lewende lywe te sien optree, was bederf uit die boonste rakke. Nie net help sy om geld vir die skooltjie in te samel nie, maar sy het ook gereël dat lekker warm klere en skoene geskenk is en boonop het sy van hulle beloon met haar CD.
Enigeen wat betrokke wil wees by die projek kan Hanlie skakel by 074 9131985 of vir Karin by karink@mweb.co.za kontak.
More
News
|