Diek Grobler stal uit
2010-07-01
’n UITSTALLING deur Diek Grobler word op 10 Julie om 11:00 by die Breytenbach-sentrum in Wellington geopen. Grobler werk in ’n verskeidenheid media en dissiplines, maar het homself vir die laaste dekade hoofsaaklik op die maak van animasiefilms toegespits. ’n Keur uit sy animasiefilms sal vertoon word en ook van sy tweedimensionele werke wat met die films verband hou, is te sien. Bevestig bywoning by Olivia Ockhuis by 021-873-2786.
More
News
|