’n Weeklange fees van musiek en toneel by Bredieteater in Wellington
2010-07-01
DAAR heers groot belangstelling in Wellington se splinternuwe “Bredieteater” wat vanaf aanstaande week by ’n plaaslike restaurant, To Dine For, aangebied gaan word. Volgens Jacques du Plessis, een van die organiseerders, is die Bredieteater ’n weeklange fees van musiek en toneel. “Die restaurant waarin die opvoerings elke dag plaasvind, het net sitplek vir 50 mense. Hierdie vyftig sitplekke per opvoering is vinnig besig om vol te raak. “ Soggens is daar gospel- en kinderteater en saans vanaf 19:00, tydens die eintlike Bredieteater, tree bekende kunstenaars soos Niel Rademan en Steyn Fourie op. Maandagaand sing Graig liedjies van Cat Stevens, Dinsdag sing Newton liedjies van Eric Clapton en Blues, en Woensdagaand tree Belia op in “Stroeslove” (woordkuns en sang). Donderdag 8 Julie sing Steyn Fourie liedjies van Toeka tot Nou en Vrydagaand 9 Julie tree Neil Rademan op in Klassiek tot Kabaret. Kaartjies is vanaf R130 en sluit aandete in. Daar sal ook ’n kontantkroeg beskikbaar wees. Bespreek by 021-873-0447. Daar is ook daagliks vanaf 11:00 kinderteater teen R40 (sluit koeldrank en ‘cupcakes’ in). Soggens om 08:00 is daar Brekfis-gospelteater. Nic Slabber (5 en 8 Julie), Jeandré Viljoen (6 Julie) en LP Louw (7 en 9 Julie) tree op. Kaartjies is R80 en sluit ontbyt en ’n bedieningsgeleentheid in.
More
News
|