LOLLOS, die vriendelike wesentjie van Lala-land kom kuier by maatjies op aarde op Vrydag 2 Julie by Val de Vie om 11:00.
Dié keer gaan hy, Alta en Minki op vakansie! In die splinternuwe vertoning gaan die drie op ’n prettige treinrit met Gedang-Gedang.
Gedurende die ‘vakansie’ kan ook uitgesien word na liedjies soos See Toe en FAK bekendes soos Koring Sny en Stadig oor die Klippertjies.
Daar word ook natuurlik weer ietsie geleer op Tikke Takke Tok, ’n liedjie oor ’n horlosie asook die Dae van die Week. Gesond eet word ook aangemoedig op Smarties en Tamaties.
Gedurende al die liedjies word die bewegings weer aan die kinders geleer en so word almal sommer lekker fiks! Daar word omtrent rondgebons en gedans op Spring Op! en Shongololo.
Vir meer inligting, besoek gerus www.lollos.co.za of kontak Hanli Brink by 082-536-5847 of stuur ’n e-pos na info@lollos.co.za.