Sneeuwitjie en die sewe dwerge kom kuier
2010-07-01
SNEEUWITJIE en die sewe dwerge kuier Vrydag 2 Julie om 10:00 by die Ou Meul-teater in die Paarl.
Spektrum en Stercus Produksies gaan voort met hul vernuwing van klassieke sprokies met Sneeuwitjie en die sewe dwerge deur Gaerin Hauptfleisch verwerk tot ’n vermaaklike verhoogstuk. Om die verhaal te vertel word al die pyle in Faktotum Fourie se koker gebruik. Ligte, poppe, klankeffekte en sy gebruiklike doen-dit-self talente word ten toon gestel om Sneeuwitjie en die sewe dwerge te red van die nare koningin en haar praatsieke spieël. Daar is ook sprake van ’n prins, as die koningin hom nie reeds uitgesorteer het nie. Hierdie produksie spog met Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman in die rolverdeling. Kaartjies is R40 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056.
More
News
|