Kurt Darren bring gees by Oranje-Dag
2010-07-01
Sieb Sieberhagen
DIË sanger Kurt Darren se optrede verlede Vrydagaand (Oranje-dag by die Drakenstein Munisipaliteit se jolkol op Bolandpark-krieketstadion) het effens verligting gebring vir die ongeveer 200 Paarliete wat graag met die Nederlandse besoekers wou meng en na die Nederlandse sanger, Jan Smit, wou luister. Beide was ongelukkig afwesig.
Al wat die Nederlanders verteenwoordig het was ’n paar Nederlandse vlae wat voor die verhoog gepryk het.
More
News
|