Bomdreiger dalk lief vir sokker
2010-07-01
’n FRANSCHHOEKER wat moontlik graag tyd af wou hê om te gaan sokker kyk, het verlede Vrydag en toe weer Maandag die Franschhoek Vrugtepakkers (FVP) en die polisie aan die raai gehou met ’n bomdreigement. ’n Werker van FVP het sy selfoon ingespan om verlede Vrydagmiddag en toe weer Maandagoggend ’n bomdreigement aan die bestuurder te stuur, maar is vroeg Dinsdag aangekeer. Hennie Radyn, waarnemende bestuurder, vertel dat hy verlede Vrydagmiddag ’n SMS teks in Engels gekry het wat aangedui het dat daar ’n bom by FVP is wat binne 30 minute sou afgaan. Die polisie het kom ondersoek instel, maar niks gekry nie. “Maandagoggend kry ons toe weer ’n teks wat sê dat die bomdreiger gesien het dat die polisie daar was,maar dat die bom nou aangeskakel is. Die boodskappe is elke keer van dieselfde selfoon af gestuur,” sê hy. Inspekteur Leon Boonzaaier van die Franschhoek Polisie het bevestig dat ’n 27-jarige werknemer van FVP Dinsdag aangekeer is en ’n klag van bomdreigemente teen hom gelê is. * An employee of a Franschhoek company has been arrested after bomb threats sent to the owner by SMS.
More
News
|