Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Slaggate in ons menswaardigheid

Slaggate in ons menswaardigheid
 
2005-09-22


VANOGGEND ry ek weer werk toe en ek dink by myself ons in die Paarl besef nie hoe gelukkig ons is nie. Ons bestuursvernuf word elke dag getoets, dit is om soos elke keer te gaan vir ‘n toets vir ‘n lisensie.

In die winter word daar getoi-toi en in die somer is dit te warm om die paaie reg te maak.

Elke keer sien jy die trok laai gruis af, een ou doen die instamp van die gruis in die baie, baie gate in die paaie en ses ander staan en kyk.

Elkeen wil maar geld hê, maar minder werk word gedoen.

Werktrots bestaan nie meer nie, die belastingbetaler is al voos betaal, die munisipaliteit skryf R52 miljoen af - al mense wat glimlag is dié wat nooit betaal nie, maar kom die naweek dan is daar geld vir drank en sigarette.

Toelaes word vir kinders getrou elke maand afgehaal, maar moenie glo daar is ‘n tien rand beskikbaar vir belasting nie.

Die kinders kan maar honger ly, die bure sal sorg, of hulle bedel in die strate of by die verskillende handelsentrums.

Wat het van ons trots geword? Dit is makliker om te bedel en te steel.

Dit is die slaggate in ons menswaardigheid wat partykeer groter is as die slaggate in die paaie.

Kry die werkstrots terug en gee erkenning waar dit moet. Ek glo ons sal ‘n verskil kan maak.

Christa




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za