Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ruitwas ontstel besoeker

Ruitwas ontstel besoeker
 
2010-07-01


IS dit deesdae nie eens meer veilig om net gou by die nuwe Fresh Stop vulstasie in die Paarl in te hardloop sonder dat die joggies jou motor bestorm om jou ruit te was, sonder dat jy brandstof ingooi, of enige aanduiding gegee het dat jy jou ruit gewas wil hê nie?

En dan as jy na drie minute by die winkel uitkom, vra die joggie jou aggressief vir sy fooi, en verhinder jou om jou motordeur toe te maak.

Ek dog die probleem was nog net in parkeerareas en in die strate, maar dit lyk my dit het ook nou maar oorbeweeg na die nuwe Fresh Stop vulstasie.

Nie so vars nie

Mickey Keyser, eienaar van Fresh Stop, antwoord: Ons vra om verskoning vir die ongerief. Ons streef om net die beste diens te lewer aan elkeen van ons kliënte. Vensters was is een van ons grootste dienspunte.

’n Fooi vir enige dienslewering is totaal opsioneel en geen motoris moet verplig voel dat hulle ’n fooi moet betaal nie.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za